Tuesday, 27 August 2013

Bekendstelling (persoonlike skryfstuk)

Om 'n moeder te wees is die beste ding wat met my gebeur het. Ek is een en twintig jaar oud en 'n enkelouer, dit is nie altyd maklik nie maar ek sou dit nie anders wou hê nie.
Ek ervaar so baie dinge en dit maak my gelukkig. My dogter van 18 maande is 'n kind wat altyd besig gehou moet word, sy hou daarvan om pret te hê.

Noudat ek 'n student is voel dit party dae soos my lewe donker is, al die werk, min tyd en nog my dogtertjie Saskia. Soms voel ek dinge raak teveel en ek wil hoop opgee maar as ek my dogtertjie se glimlag sien verander my bui onmiddelik. Saskia is my nommer een rede hoekom ek nou studeer.

Die lewe is nie altyd sonskyn en rose nie darem het ek besluit om aansoek te doen om 'n Grondslagfase-onderwyser te wees. As enkelouer wil ek my dogtertjie wys dat daar lig aan die einde van 'n donker tonel is.

2 comments:

  1. Enkele opmerkings:

    1. Wees versigtig vir jou gebruik van die komma (,). Jy las dikwels sinne aanmekaar daarmee terwyl jy eintlik 'n punt (.) moes gebruik het en weer met 'n hoofletter moes begin.
    2. soos my lewe - asof my lewe
    3. teveel - te veel
    4. onmiddelik - onmiddellik
    5. en rose nie darem het - en rose nie, en daarom het ek
    6. tonel - tonnel

    ReplyDelete
  2. Wat jy doen is nie altyd maklik nie...maar ek weet dat jy dit kan doen en saskia is baie gelukkig om jou in haar liewe te hê.

    ReplyDelete