Wednesday, 4 September 2013

Beskrywende Skryfstuk

Dis weer drie uur in die nag, ek weet ek het 'n toets wat gedoen moet word en 'n taak wat in moet wees. My oë kan nie oop nie. Ek hoor my dogtertjie se stem. Sy is siek, so sy mekeer my aandag meer as enige iets. Al wat sy wil hê is om in my arms te lê en om my liefde te voel.

Soms word ek irritêrend want ek het tyd vir niks anders nie. Ek kan nie verwag my ouers moet altyd help as ek 'n bietjie werk gedoen moet kry nie.

Ek skrik wakker die oggend, halfpad nog moeg. Ek kyk in die spiëel en ek lyk so bleek soos 'n laken. Hierdie dag kan nie nog erger word nie.

Die toets moet geskryf word en die taak moet ingehandig word. Ek voel so deurmekaar, dat ek net weg wil hardloop. Alles voel so swaar soos lood, niks word lugter nie.

Ek moet my kop bo die water hou en bidden bly dat dinge beter sal word...


1 comment:

  1. En steeds is jou "post" betyds...wel gedaan!

    Enkele opmerkings:

    1. sy makeer my aandag - sy het my aandag meer as enige iets nodig.
    2. irritêrend - raak ek geïrriteerd
    3. wakker die oggend - die oggend wakker.
    4. lugter - ligter
    5. bidden - biddend

    ReplyDelete