Wednesday 25 September 2013

Refleksie Skryfstuk

Om te blog was baie fantasties, ek het gevoel ek kan skryf oor hoe ek presies voel. Dinge wat ek nie wil oor praat nie kan ek oor geskryf het.

Die blog het my laat gerus voel, ek kan geskryf het oor enige iets.
As iets my pla voel ek soms alleen en in 'n donker kamer, geen lig, maar hierdie blog posts het my bui anders gemaak. Ek kan weer baie breed geglimlag het en weer gelag het met my vriende, want ek het 'n bietjie verlig gevoel.

My dogtertjie is my alles, sy is my sonskyn, al word my dae soms moeiliker sal ek dit nie anders wil hê nie.
Ek is 'n student omdat dit my keuse is. Ek wil 'n beter lewe hê vir my en my dogter. Ek wil haar wys dat sy die enigste ding is wat my motiveer om aan te hou.

Soos ek in een van my post gesê het- Daar is lig aan die einde van 'n donker tonel.

Ek hou so baie van blog dat ek nie op gaan  hou nie, dit help my baie.
Die ervaring was die beste.

Instruksie Skryfstuk

Om 'n enkelouer en 'n student te wees is nie maklik nie, jy moet weet hoe om jou tyd te spandeer.
Dit is moeilik om tyd vir jouself te maak as jy baie ander dinge het om te doen.

Hoe om jou prioriteite te struktueer as enkelouer en student:

1. Maak 'n lys met als wat gedoen moet word.

2. Balanseer jou tyd.

3. Voorberei al jou goed in die aand, sodat jy vars die volgende oggend kan opstaan.

4. As jy vroeg by die huis kom, sort jou take uit en ook jou kind se klere en belangrike goed vir kleuter skool die volgende dag, so as hy of sy tuis is het jou 'n bietjie tyd om met hulle te spandeer.

5. Sorg dat jou kind gereeld eet, sodat hy of sy nie moeilik word nie.

6. As ouer weet jy dat jou kind die balangrikste so jou kind kom eers, as jy voel jou kind is uitgesort dan kan jy aan gaan met jou ander dinge.

7. As jy alles doen wat bo genoem is sal jy nie verkeerd loop nie. Maak net seker jy vergeet nie van jouself nie.


Thursday 19 September 2013

Verhalende skryfstuk

Dit was 'n gewone dag vir my, ek was by universiteit baie besig in my verskillende klasse. My dogtertjie is al 05-50vm uit die huis uit om kleuterskool toe te gaan.
Die tyd het gekom toe ons huis to moet gaan, halfuur oor twee toe besef ek dat ek 'n taak nog moet voltooi, ek besluit toe om saam my vriendin huis toe te gaan en alles by haar huis gaan doen.

Dis al vyf-uur, ek is nog nie by die huis nie, die taak wil net nie klaar kom nie, ek word kwaad want dit is amper tyd vir my dogter om huis toe te kom,  en ek weet ek gaan nie daar wees as sy by die deur in stap nie. Ek het onmiddellik hartseer geword, die werk word baie, dit wil nie klaar kom nie en nou gaan ek nie my dogtertjie sien nie. Saskia kyk uit om my vas te hou wanneer sy by die huis opdaag.

Nou is dit al laat aand, ek is nog steeds nie by die huis nie, die taak is amper klaar en ek is so bly daaroor. Ek skakel my moeder om te hoor wat my dogter doen, en praat 'n bietjie met haar op die foon.
Toe ek by die huis opdaag, loop ek saggies in kamer toe, ek kry haar daar lê, my hart word seer, sy het my nie gesien nie, vir 'n volle 16ure het ons mekaar nie gesien nie.
Ek loop om die kooi en gee haar 'n soentjie op haar sagte vet wangetjies en sy woel 'n bietjie maar slaap nog so lekker.

Om 'n student en 'n enkelouer te wees is baie werk, maar ek sal dit nooit anders wil hê nie.
My dogter is my lewe en alles wat ek nou doen sal ons albei gelukkig maak in die toekoms.

Wednesday 4 September 2013

Beskrywende Skryfstuk

Dis weer drie uur in die nag, ek weet ek het 'n toets wat gedoen moet word en 'n taak wat in moet wees. My oë kan nie oop nie. Ek hoor my dogtertjie se stem. Sy is siek, so sy mekeer my aandag meer as enige iets. Al wat sy wil hê is om in my arms te lê en om my liefde te voel.

Soms word ek irritêrend want ek het tyd vir niks anders nie. Ek kan nie verwag my ouers moet altyd help as ek 'n bietjie werk gedoen moet kry nie.

Ek skrik wakker die oggend, halfpad nog moeg. Ek kyk in die spiëel en ek lyk so bleek soos 'n laken. Hierdie dag kan nie nog erger word nie.

Die toets moet geskryf word en die taak moet ingehandig word. Ek voel so deurmekaar, dat ek net weg wil hardloop. Alles voel so swaar soos lood, niks word lugter nie.

Ek moet my kop bo die water hou en bidden bly dat dinge beter sal word...


Tuesday 27 August 2013

Bekendstelling (persoonlike skryfstuk)

Om 'n moeder te wees is die beste ding wat met my gebeur het. Ek is een en twintig jaar oud en 'n enkelouer, dit is nie altyd maklik nie maar ek sou dit nie anders wou hê nie.
Ek ervaar so baie dinge en dit maak my gelukkig. My dogter van 18 maande is 'n kind wat altyd besig gehou moet word, sy hou daarvan om pret te hê.

Noudat ek 'n student is voel dit party dae soos my lewe donker is, al die werk, min tyd en nog my dogtertjie Saskia. Soms voel ek dinge raak teveel en ek wil hoop opgee maar as ek my dogtertjie se glimlag sien verander my bui onmiddelik. Saskia is my nommer een rede hoekom ek nou studeer.

Die lewe is nie altyd sonskyn en rose nie darem het ek besluit om aansoek te doen om 'n Grondslagfase-onderwyser te wees. As enkelouer wil ek my dogtertjie wys dat daar lig aan die einde van 'n donker tonel is.