Wednesday 25 September 2013

Refleksie Skryfstuk

Om te blog was baie fantasties, ek het gevoel ek kan skryf oor hoe ek presies voel. Dinge wat ek nie wil oor praat nie kan ek oor geskryf het.

Die blog het my laat gerus voel, ek kan geskryf het oor enige iets.
As iets my pla voel ek soms alleen en in 'n donker kamer, geen lig, maar hierdie blog posts het my bui anders gemaak. Ek kan weer baie breed geglimlag het en weer gelag het met my vriende, want ek het 'n bietjie verlig gevoel.

My dogtertjie is my alles, sy is my sonskyn, al word my dae soms moeiliker sal ek dit nie anders wil hê nie.
Ek is 'n student omdat dit my keuse is. Ek wil 'n beter lewe hê vir my en my dogter. Ek wil haar wys dat sy die enigste ding is wat my motiveer om aan te hou.

Soos ek in een van my post gesê het- Daar is lig aan die einde van 'n donker tonel.

Ek hou so baie van blog dat ek nie op gaan  hou nie, dit help my baie.
Die ervaring was die beste.

2 comments:

  1. Jy is regtig 'n inspirasie vir ander enkelouers.Hoe moed en alles van die beste vir jou en jou dogterjie.

    ReplyDelete
  2. Dis wonderlik om te hoor dat jy die opdrag so positief beleef het. Ek bewonder jou deursettingsvermoë. Baie sterkte!

    ReplyDelete