Dit was 'n gewone dag vir my, ek was by universiteit baie besig in my verskillende klasse. My dogtertjie is al 05-50vm uit die huis uit om kleuterskool toe te gaan.
Die tyd het gekom toe ons huis to moet gaan, halfuur oor twee toe besef ek dat ek 'n taak nog moet voltooi, ek besluit toe om saam my vriendin huis toe te gaan en alles by haar huis gaan doen.
Dis al vyf-uur, ek is nog nie by die huis nie, die taak wil net nie klaar kom nie, ek word kwaad want dit is amper tyd vir my dogter om huis toe te kom, en ek weet ek gaan nie daar wees as sy by die deur in stap nie. Ek het onmiddellik hartseer geword, die werk word baie, dit wil nie klaar kom nie en nou gaan ek nie my dogtertjie sien nie. Saskia kyk uit om my vas te hou wanneer sy by die huis opdaag.
Nou is dit al laat aand, ek is nog steeds nie by die huis nie, die taak is amper klaar en ek is so bly daaroor. Ek skakel my moeder om te hoor wat my dogter doen, en praat 'n bietjie met haar op die foon.
Toe ek by die huis opdaag, loop ek saggies in kamer toe, ek kry haar daar lê, my hart word seer, sy het my nie gesien nie, vir 'n volle 16ure het ons mekaar nie gesien nie.
Ek loop om die kooi en gee haar 'n soentjie op haar sagte vet wangetjies en sy woel 'n bietjie maar slaap nog so lekker.
Om 'n student en 'n enkelouer te wees is baie werk, maar ek sal dit nooit anders wil hê nie.
My dogter is my lewe en alles wat ek nou doen sal ons albei gelukkig maak in die toekoms.
Enkele opmerkings:
ReplyDelete1. 05-50vm - 05:50
2. to - toe
3. halfuur oor twee - half drie
4. ek 'n taak nog - ek nog 'n taak moet
5. klaarkom - een woord
6. instap - een woord
7. kyk uit - sien uit daarna